Besproeiing

'n Grasperk word met 'n sproeier natgelei.

Besproeiing is die kunsmatige natlei van plante deur die toediening van water. Besproeiing is noodsaaklik in droë gebiede of as die natuurlike reënval onvoldoende is. Die water vir besproeiing kan uit 'n dam, rivier of boorgat gepomp word. 'n Besproeiingstelsel word gewoonlik ingespan om die taak te outomatiseer.

Besproeiing is vir die eerste keer in Suid-Afrika net na die koms van Jan van Riebeeck in die Kaap toegepas.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search